Maak gereed vir die grootste een-dag fees wat Plettenbergbaai nog ooit gesien het- BokDag 2018! Hierdie fees is ʼn alternatiewe geleentheid wat saamgestel is vir jonger feesgangers (en die jongeres van gees). Alternatief bied met trots aan, ʼn kuier met ʼn visie, missie en betekenis – ʼn geleentheid om weg te breek van die moeilike stereotipes en kettings van die verlede, en saam te kom in ʼn viering van alles wat ons diverse moederland so uniek maak.
16:00 - Deure Oop
17:00 - DJ
17:30 - Ivan Roux
18:00 - Spoegwolf
19:00 - DHF
20:00 - Bok Van Blerk
21:15 - DJ
22:00 - VERTONING KLA
Geen terugbetalings sal plaasvind nie, maar jy mag jou kaartjie herverkoop. Stuur 'n e-pos na info@howler.co.za vir meer besonderhede.